Sy sal so skelmpies loer sodat hy haar nie sien nie, want die risiko is te groot. Hy mag nie weet dat sy eintlik alles verloor het nie, meenend haar hardkoppige gevoelens. Haar hart was oop en haar oë was toe. Haar arms was reg om hom te verwelkom. Skielik kyk sy weg, want sy oë dwaal weer. Dis beter so. Net nou gly en val sy weer, dan is hy nie daar om haar te vang nie. Laas se letsels klou steeds vas aan haar. Dis so bietjie moeilik as sy nie die regte pleisters het nie. Sies tog die arme vrou... dink hulle.
Min weetend dat sy eintlik skatryk is. Sy sal daar staan met haar rooi naels en blonde hare met ysblou oë. Stadig sluk sy die rooi wyn en kyk maar dak toe en kyk maar tuin toe. Sy sal so slukkie vir slukkie wegneem totdat iemand iets sê. "Rather speak when spoken to" dink sy. Ag lees maar 'n ou grappie net om die ys te breek...
Darm lag hulle...
Dis darm maar lekker om te weet waar jou huis is. As vrou skep dit vir jou sekuriteit en stabiliteit. Elke vrou het dit tog nodig, maak nie saak hoe mooi sy kan sorg nie.
As sy maar net kon weet waar daardie sleutel is...
Opmerkingen