Jy loop rond soos die een wat weet
Maar jy het een ding vergeet
Broer
Jy weet dat jy weet en jy sien wat jy sien
Sy is alles en meer wat 'n man se hart se begeer
Haar oë sal jou opknip soos jy daai
Hart van haar versmaai
So sy gaan die stories in die kar inlaai
En pas af ry... kyk in daai
Hart se oë, is dit ys of is dit see
Want sy gaan jou by die deur uitvee
Kyk net daar
Analiseer elke haar
Want vir haar
Is jy nog nie naar
Sy is dalk maer
Maar haar krag is daar
Sy is die wille een met 'n hart van goud
Die brul van 'n leeu
En slegs eenkeer in 'n eeu
Sal jy haar sien kom om daai draai
Reg om die leuens te verraai
Want dis mos jou vrou daai
Gaan jy vlug of gaan jy veg
Want voor jy jou oë kan uitvee
Is sy weg
So veg vir jou reg
Want jy staan 'n kans
Om met haar te dans
Dans bokkie dans
Sy wil net dans
Swaai haar om jou
Maak jou trots soos 'n pou
Want as jy nie jou vere gaan pof
Gaan die plan in jou gesig ontplof
Dis magic onder die maan
Tot die son sy verskyning beaam
So wys vir haar
Want jy is bekwaam
Om haar oë te laat blink
En jou kloue in haar hart te laat insink
Comentarios