Was dit teveel of te min
Moes sy koes of moes sy
Terug slaan
Die houe van die lewe was seer
Reguit in die wind
Van 'n kosbare siël wie die wêreld
Sou gee
Vir 'n eindelose rivier
Strome van vrede wou sy skep
Vir haar man uit liefde
En nederigheid
Sy soek slegs een oomblik
Dis al wat sy nodig het
Soos 'n blom wat water nodig het
Soek sy slegs een
Laaste dans
Met haar brandweerman
Want tog was hy die een
Wat haar moes kom red
Maar die vuur was te warm
En alles was in vlarde verbrand
Want toe reën kom
Was dit reeds te laat
En sy het haar kosbare venoot
Verbuister
Verloor
Sy weet wat dit beteken
Om iemand in te laat en iets
Vir hom te beteken
Sy het die beste vermoë
Planne
Gedagtes
Liefde
Gee
Sy wil net gee en gee en gee
Maak nie saak hoe die rivier loop nie
Sy weet hy was die moeite werd
Sy sal swem deur waters as sy moet
Sodat haar gesin net op genoeg bene
Weer kan staan
Al is dit ongewone omstandighede
Mense kan sê en doen net
Wat hulle harte begeer
Sy sal altyd veg vir haar man
Wat sy eens verloor het in 'n nagmerrie
Hulle was vol vreugde
Respek
Liefde
Hoop
Deursettingsvermoë
Nederigheid
Barmhartige samaritane was hulle vir die wêreld
Sy bly in geloof dat die Liewe Vader hom sal bring
Na haar
Want sy sal hom koester
En nederig na sy siël omsien
Soos 'n vrou bedoel is om te doen
Vir haar man en kinders
Vir hulle nessie wat moes wees
Dit sal eendag weer wees . . .
Sag
Warm
Soos dit moet wees
Eendag
Sy wag net nog
Dag vir dag
Snik sy sag
Sy wag net vir hom
Om haar te hom haal
Comentarios