top of page
Search
Writer's pictureMiss B

Baby

Baby

Daar was soveel vrae

Wat ek nog wou vra

Antwoorde wat in my kop

Bly dwaal

Ons het nie regtig kans gekry

Om mekaar alleen te kry

Ek wou jou leer ken

As 'n vriend

My beste este vriend

Sonder buitestaanders


Maar al daardie aande

Wat ek myself aan die slaap gesus het

Myself vertel het dis rustig

Dis altyd hoe dit gaan

Wanneer mens se siel

Uiteindelik sy plekkie vind

Van wille perd na rustige waters

Het jy my laat draai

En myself laat verraai


My eie besluite se sade gemaai

Dis toe ek bid na God

En skree in my gedagtes na hulp

'n Toevlug uit die donkerte

Ek steek my hand toe uit na bo

En God wys vir my

Nie nou al nie my kind

Daar is meer wat

gedoen moet word


Vee af jou trane

Dit sal herstel

Die pyn

Die vrees

Die hartseer


Baby...

Ek hoop jy hoor my hart

My gebede fluister elke aand

Sterk

Na ons her ontmoetting


Al het ons nie woorde

Al het ons net wense en drome

Sal ons harte bymekaar wees

Al is dit net in die hemel

Want elke asem wat ons neem

Bring ons nader aan ons dag van neem

En ontmoetting met ons meester


Tyd word dalk gemors

En dit is kosbaar

Ons moes alankal geweet het

Dat ons aan mekaar behoort

Soos magnete het ons mekaar

Vasgetrek

Die muur was net te hoog


Hoe sal ons te werke

Hoe gaan ons bespreek

Om daardie vleeslike

Menslike

Duisterre

Mure af te breek


Wie gaan die mense keer

Wie gaan my beskerm

Is dit jy

Of is dit ek

Gaan jy praat

Of gaan jy vlug

Gaan dit 'n klap in die gesig wees

Of 'n soen op die wang


2 views0 comments

Recent Posts

See All

Dans bokkie dans

Jy loop rond soos die een wat weet Maar jy het een ding vergeet Broer Jy weet dat jy weet en jy sien wat jy sien Sy is alles en meer wat...

Nessie ♡

Was dit teveel of te min Moes sy koes of moes sy Terug slaan Die houe van die lewe was seer Reguit in die wind Van 'n kosbare siël wie...

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page