Elke dag sal wees
Soos die eerste keer
Dis dalk te vroeg
Dalk te veel
Maar harte dief is skaars
Die gevoel
Is met 'n doel
Dis te verstane
Ek is skaam maar tog myself
En dalk te laat
Maar my maat ons was alankal
Meer
Ek sal ons kry
Ons sal dit ken
Al is dit net in drome
Dis ritme in ons harte
Klop vir klop
Dag na dag
Ek is te mal
Te verlore
Te lief vir jou
Om jou te pla
Ag Vader, help my
Want ek is gebore net vir hom
Siëls bande kan nie geknip word
As die sker stomp is nie
Stop daai perd op my stoep
Laat ons pas toe
Want hierdie girl
Wil pas toe
Sy wil jou naam van daai
Berg af skree
Asof dit haar volkslied is
Is
Dis die waarheid
Jou dief
Hoe durf jy
Jy het wragtig my hart se deur oopgeskop
Soos die brandweerman
Wat my moes red
Van ons liefdesvuur
Want netnou brand dit weer
En dit brand te seer
Dis finish en klaar
Gryp my net en maak dit klaar
Want ons begin
Kan ek nie bemin
Dit het geen einde
Die hemele is oop
En die perde hardloop
In die strate
Na
Daardie
Perfekte
Sonsondergang op die pas...
Intresant. .