So waaroor gaan die lewe nou eintlik?
Sommiges sal sê dat dit oor geld gaan. Oh okay, nie geweet jy kan jouself gelukkiger koop nie. Dis vreemd.. Geld het my nog nooit gelukkig gemaak nie. Al wat dit aan my gedoen het was om my maag vol te hou. Genadiglik is daar net - net genoeg vir almal om aan te kou.
Ander sal sê dat die lewe oor mense gaan. Oh okay, nie geweet dat mense in my kop kan inklim en al my probleme vir my oplos nie.
Wel, dit het nog nooit gebeur nie so dis ook nie 'n opsie nie.
My eerlike opinie...
Die lewe gaan oor jou eie geloofs
besluite, jou ambisie, jou denke, jou aksies, jou drome, jou doelwitte en jou fokus om te doen wat jy MOET doen om te oorleef totdat Jesus weer kom.
Maak nie saak watter geloof jy het nie. Die waarheid sal wel uitkom en dit is 'n groot verassing vir die wêreld. Baie opgewondenheid rus in my hart. Baie liefde, baie respek en baie deursettingsvermoë.
Is jy reg vir nuwe uitdagings? Kom ons klim die berg saam uit. Ag toe... Dit gaan pret wees!
ความคิดเห็น