Tyd het wragtig terug gedraai. Sy kan alles oor begin. Haar wêreld lê in stukke gegooi voor haar en al die antwoorde lê by God.
Sy moet nou elke stukkie analiseer en by hulle pasmaats kry soos 'n legkaart. Dis mos 'n goeie aktiwiteit vir die vertragie. Haar brein moet bly oefen sodat die golwe nie breuk nie. Haar mond moet stil raak sodat die glas nie val nie. Sy sal veraltyd aan daardie deur dink wat toegeklap het in haar gesig, maar toe daardie wind haar goue hare so mooi waai het die regte baas haar raakgesien. Struggle was uiteindelik vry van al die drama. Haar bo baas het haar kom haal op sy blink vos perd met 'n splinter nuwe saal. Hy het vir haar 'n aanbod gemaak van vriendelikheid, goedhartigheid en selfbeheersing. Die duiwel is oorwin en Struggle is nou Sonneblom.
Sonneblom het 'n beste vriend gevind en sy naam was Redder. Redder was die wenner van die wêreld kampioenskap in perdry en hy het gesien hoe Sonneblom se hare waai toe die deur toeklap. Haar vorige baas het haar weggejaag. Sy en haar seun het op straat gesit. Sonder kos, sonder klere en sonder hoop. God het maar elke dag 'n kraai gestuur met vleis in sy bek. En reën vir 10 minute om te kan drink. Sonneblom en Moses het voor haar vorige baas se deur geslaap vir 40 dae en 40 nagte. Redder was eintlik maar 'n engel gestuur uit die Hemel om vir Sonneblom en Moses 'n plekkie te maak om sag te kan rus en asem haal en eet en bid.
Sonneblom was elke aand Redder se voete om dankie te sê vir God se genade wat 'n barmhartige samaritaan oor haar pad gebring het. "MAG HY ALTYD GOED GENOEG VOEL HERE" Vra Sonneblom
Opmerkingen